top of page

CAB Bestuur/CDM Team

Jurie van Rooy | Direkteur

Gebore te Wupperthal, Wes Kaap

Skooloopbaan: Schoonspruit Senior Sekondere skool Malmesbury.

Afstudeer as predikant:  Einde 1967

Gemeentes bedien: Grens (Oos Londen) Middelburg (KP) Willowmore, Marydale, Oudtshoorn

Word CAB Direkteur 2 Februarie 1994 , direkteur CAB en Toevlug 2002- 2011

Huidiglik Direkteur CAB

Getroud : 3 kinders en 4 kleinkinders 

Wilfred Pieterse  | Voorsitter

.........................................................................................................................................................................................................................................................................................................

Joseph Salie | Ondervoorsitter

Gebore op 21 April 1954

Getroud met Elaine Smith met drie kinders, Rene, Tania en Andre met drie klein kinders : Lorenzo, Luke en Leigh.

Hy is in logistiek in, administrasie.

Hy is tans die streekvoorsitter van streek 21. Hy is ook President vd doodsgenootskap in Grassy Park. Ook ouderling in die gemeente VGK Die Goeie Hoop.Hy het betrokke geraak by die cab omdat sy broer verslaaf was aan alkoholmisbruik, en daarvandan sy liefde vir die cab. 

Claudette Williams | ...................

Gebore op 26 November 1978

Sy is ongetroud.

Sy het haar eerste jaar van studies voltooi by UWK, en die ander 5 by Universiteit van Stellenbosch. Sy is tans besig met haar Mth in praktiese teologie aan die Universiteit van Vrystaat. Sy is bevestig in haar eerste gemeente waar sy ook vir 9 jaar dien by VGK Florianville. 

 

Stanley Richards | ..................

​ñ Oos Kapenaar, groot patriot, ek glo in wat ek doen moet net die beste wees want jy doen en gee net jou beste vir jou mede mens anders as jy nie jou beste gee los jy om te gee. Ek glo in die enigste waaragtige Drie-enige God. Is n elektrisien van beroep anders as ons predikante wat geestelik lig bring, bring ek letterlik lig in mense se huise. My lewe is CAB hierdie passie God gegewe omdat ek glo daar is plek vir ons almal by die Kruis en n beter  more vir elke verslaafde wie Jesus toelaat om hom /haar aan te raak dus wil ek maar net die verbindings tou wees tussen elke verslaafde en Jesus. 

 My daaglikse quote "change the way you look at things and the things you look at will change" my Quote aan andere " you not born to fit in, you born to stand out"

Adam Kotze | Lid van die Hoofbestuur

 

Gebore op 04 september 1964.

Getroud met Josephine Phillips met 3 pragtige kinders genaamd : Mignon, Adhem, Caitlin.

Eerste gemeente was NGSK Albertinia waar hy 4 en n half jaar gedien het as leraar, daarna VGK Goudini, te Rawsonville. Na dit is hy VGK Eersterivier toe, waar hy tans vir 8 jaar as voltydse leraar is. Hy het n groot liefde vir die kerk, en vir diegene wat in nood is. 

 

© 2014 Designed by HCS. Proudly created with Wix.com

  • facebook-square
  • Twitter Square
  • youtube-square
bottom of page