top of page

About us

WAT IS DIE CAB

WAT IS DIE CHRISTELIKE AFHANKLIKHEIDSBEDIENING?

Die Christelike Afhanklikheidsbediening (CAB) is op 2 April 1977 in Worcester in die lewe geroep met die uitsluitlike doel om diens te lewer op die terrain van Alkohol en Dwelmafhankliheid.

 

Die CAB is ñ terapeutiese (genesende) groep en die naam is tekend van die aard van CAB se werksaamheded.

Daar word basies op 3 aspekte gefokus, naamlik:

  • Die Voorkoming met die klem op die jeug sowel as volwassenes.

  • Motivering ten einde persone te oorreed om van die misbruik van alkohol en die gebruik van dwelms afstand te doen.

  • Nasorg met die doel om die gerhabiliteerde en sy gesin op die pad van ñ sober en dwelmvrye lewe te ondersteun en herinskakeling by die gemeenskap te berei.

  •  

Die uitgangspunt van CAB se dienslewering is dat die werk verrig word in afhanklikheid en na die voorbeeld van Jesus Christus. 

 

© 2014 Designed by HCS. Proudly created with Wix.com

  • facebook-square
  • Twitter Square
  • youtube-square
bottom of page