top of page
  • GRONDBEPALINGE

     NAAM

Die organisasie staan bekend as die Christelike Afhanklikheidsb Bediening van die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider Afrika (Hierna genoem C.A.B)

 

  • GRONDSLAG

Die CAB is gegrond op die Bybel as die onfeilbare Woord van God, die drie formuliere van Eenheid en die Belydenis van Belhar (1986).

 

  • VERBAND

1.3.1.Die CAB bestaan onderhewig aan die beleidsbepalinge van die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika.

1.3.2.Die CAB funksioneer onder toesig en beskerming van die plaaslike kerkraad/e, Ringkomissie/s vir Diakonele Dienste en Sinodale Kommissie/s vir Diakonale Dienste.

 

  • DOELSTELLINGS

1.4.1.Om ñ barmhartigheidsdiens i.v.m alkohol- en dwelmafhanklikheid te lewer.

1.4.2.Deur met alle aanvaarbare middele beskikbaar voorligting te gee, voorkomings- en motiveringswerk te doen, behandeling en nasogdiens te ondersteun en langs die weg alkohol-  en dwelm- afhanklikes te help tot ñ blywende en gelukkige soberheid

1.4.3.In die oortuiging dat die mens die ware verlossing in Christus vind.

 

  • LIDMAATSKAP

Lidmaatskaap is oop vir alle persone wat die konstitusie onderskryf.

 

  • STRUKTUUR

Die CAB bestaan uit:

1.6.1.Takke wat elk ñ bestuur het en onderhewig aan die goedkeuring van die plaaslike kerkraad/e.

1.6.2.Streekgroeperine met ñ streekbestuur vir elk wat funksioneer.

1.6.3.Ñ Nasional Kongres met ñ hoofbestuur.

 

  • FINANSIES

1.7.1.Die kerkaad/e waaronder ñ CAB tak resorteer, tree op as Trustee van al die bates van die tak.

1.7.2.Die Ring tree as trustees op van alle bates van sodanige streekgroepering. Indien prakties onmoontlik tree die Kerkraad, waar die Streekkassier lidmaat is, as trustee op.

1.7.3.Die Algemene Sinodale Kommissie vir Diakonale Dienste tree op as die trustee van alle bates van die hoofbestuur.

 

  • WYSIGINGS

1.8.1.Die grondbepalinge kan alleen gewysig word deur die Algemene Sinode van die Verenigende Gereformeerde kerk in Suider Afrika.

1.8.2.Alle beskrywingspunte vir wysigings van die Grondbepalinge word aan die Algemene Sinodale Kommissie vir Diakonale Dienste en die Permanente Regskommissie van die Algemene Sinode ingevolge die Kerkorde en Bepalinge van die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika voorgelê.

1.8.3.Die Bybepalinge kan alleen gewysig word deur die Nasionale KOngres van die CAB.

 

  • ONTBINDING

1.9.1.Wanneer ñ tak ophou om te funksioneer kan die kerkraad dit ontbind na konsultasie met die streek-en Hoofbestuur. Die bates gaan aan die barmhartigheidsdiens van die gemeente in trust vir die behandeling van alkohol- en dwelmafhanklikes.

1.9.2.Die CAB kan alleen ontbind met die goedkeuring van die Algemene Sinodale Kommissie vir Diakonale Dienste, na wie alle bates van die hoofbestuur gaan om bestee te word, te bate van die rehabilitasie van alkohol- en dwelmafhanklikes.

 

CHRISTELIKE AFHANKLIKHEIDS BEDIENING KONSTITUSIE

Grondwet (Konstitusie) / Constitution

© 2014 Designed by HCS. Proudly created with Wix.com

  • facebook-square
  • Twitter Square
  • youtube-square
bottom of page